JEUGWERK
Sameroeper: Koos & Karin van Amstel
Lede:
CT & Stephanie van der Merwe; Nico & Marlie Bezuidenhout; Johan & Roeline Kunneke; Johan & Michelle van Wyk; Hannes & Melanie Becker; Gillie & Stacey Fick; Johan Pieterse
DEFINISIE: Die vermoë om met kinders te kan werk omdat ek omgee.
JEUGWERK AS GENADEGAWE
Sommige mense het eenvoudig die vermoë om met kinders te kan werk. Kinders voel natuurlik aangetrokke tot hulle. Kinders is die toekomstige geslag, dwarsdeur die Bybel loop geslagte, volke binne God se Bloedlyn. Daarom word die Genadeverbond ook binne 'n gesin, as deel van 'n groter geheel die basis van die stroom van God se genade wat deur die wêreld vloei. Ons kinders is vandag uitgelewer onder geweldige invloede - hulle soek steeds ouer leiding – dis u en ek. As u hierdie Genadegawe (GG) het – gebruik dit. Dit is 'n belegging op geslagte wat daar ver is.
Lees Mat. 11:25; Mat. 18:3-5; Mat. 19:14; 1 Petrus 2:2
KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GENADEGAWE VAN JEUGWERK
Indien ek hierdie gawe ontwikkel het:
- Is u reeds by kinders betrokke.
- Skakel u heel moontlik by die jeugaksies in.
- Is daar gewoonlik altyd kinders, kinders se maats in u huis.
- Dra u die belange van die kinders op u hart.
- Ek verwerp nie kinders wat verkeerd gedoen het nie.
Indien u oor die potensiaal van hierdie gawe beskik
- “Voel” u vir die kinders, maar doen nie eintlik iets daaraan nie.
- Sou u graag by die jeug betrokke wil raak.
- Kom individue soms na u toe, hoewel u dit nie altyd opvolg nie
GEBRUIKE VAN DIE GAWE VAN JEUGWERK
Persoonlike/informele gebruik
- Almal se kinders is my kinders.
- Ek doen moeite vir my en ander se kinders.
- Nooi die af-vlerk kinders nader.
Dienswerk binne die kerk
- Ek skakel in by die Jeugaksies.
- Ek bied aan om dinge vir die kinders te doen.
- Ek wil graag met die kinders help en gee mildelik wanneer hulle sake genoem word.
Gemeenskap Georiënteerde dienswerk vir Christus
- Ek help by die skool of sport met opvoeding van die kind op verskillende terreine.
- Ek is bereid om 'n kind in te neem wat hulp nodig het.
GEVARE
- Dat kinders my manipuleer.
- Dat ek 'n maat en nie 'n opvoeder raak nie.