BARMHARTIGHEID & LIEFDADIGHEID
Sameroepers: Christa Grobbelaar; Dinah Eagar
Lede:
Alta Combrink; Annerie Terblanche; Ansie Visagie; Corne Bester; Eunice Fick; Heidi van Amstel; Issabel Viljoen; Russel Viljoen; Kathleen Breytenbach; Kleintjie Norman; Lynette Kruger; Lizete du Plessis; Marlie Bezuidenhout; Mariaan Terblanche; Marie Becker; Marietha Barnard; Marleen Mynhardt; Melanie Becker; Monica van Wyk; Petro Eksteen; Stephanie van der Merwe; Susan van der Merwe; Suzette Terblanche; Tokkie Breytenbach; Wilna van Amstel; Diakonie & Leraar
DEFINISIE: Die vermoë om saam te voel met die wat ly en om daaraan uitdrukking te gee deur blymoedige dade van diens ~ Rom.12:8
BARMHARTIGHEID AS GENADEGAWE
Sommige mense het eenvoudig empatie met ander in so ‘n mate dat hulle iets daarmee moet doen. Dit is die persoon wat van sy kosbare tyd sal neem om iemand anders te help met iets waarmee daardie oumens of individu sukkel. Wat dalk homself sal indoen om ‘n brood vir ‘n ander een te koop. Wanneer die persoon wat oor die gawe beskik dit uitoefen is dit altyd met blymoedigheid. Dit is sy vreugde. Dit is ook asof mense sommer na die persoon aangetrek word.
In die eerste kerke was daar baie lidmate wat baie swaar gekry het, daar was ook nie allerlei sosiale strukture wat die versorging van ou mense of siekes of krankes oorgeneem het nie. Barmhartigheid was ‘n integrale deel van die Christelike lewe.
Iets wat vandag broodnodig is: Die mens soek en het behoeftes aan die Christelike barmhartigheid – nie noodwendig na ‘n koue kliniese versorgingsentrum nie. Iemand om sy hand vas te hou as hy sterf. Iemand om mee te gesels as hy oud is. Iemand wat met ‘n glimlag ‘n buisie tandepasta uitdeel.
KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GAWE VAN BARMHARTIGHEID
Indien hierdie gawe ontwikkel het:
- dan is u al bekend as iemand wat sal help. En mense nader u heel moontlik ook spontaan.
- dan het u al by geleentheid ‘n hand uitgesteek, koekies gebak. Gehelp of gegee – nie omdat iemand dit gevra het nie, maar spontaan: omdat u die begeerte van hart gehad het.
Indien ek oor die potensiaal van hierdie gawe beskik
- sal mense wat swaarkry of seer het my gewete aanspreek, hoewel ek nie noodwendig iets daaraan doen nie.
- voel ek dikwels na die tyd skuldig wanneer ek nood gesien het, maar niks daaraan gedoen het nie.
GEBRUIKE VAN DIE GAWE VAN BARMHARTIGHEID
Persoonlike informele gebruik
- oral om ons is nood en leed: emosioneel, fisies, finansieel en geestelik. Dit behoort nie moeilik te wees om betrokke te raak op die terrein nie.
- dit moet egter met verantwoordelikheid gedoen word. Lees boeke oor de onderwerp en magtig jouself met kennis.
Dienswerk binne die kerk
- raak betrokke by die kerk se alimentasie.
- praat met die leraar of gehelp kan word op enige van bg terreine. Op byna almal is daar op elke gegewe tydstip hulp nodig.
- praat met die diakonie en bied u hulp spesifiek aan.
- loots ‘n spesifieke projek
Gemeenskap georiënteerde dienswerk vir Christus
- binne elke samelewing is daar reeds sosiale strukture om hierdie saak aan te spreek. Raak betrokke by die ouetehuis, hospitiums, ou mense ens.
GEVARE
- Moenie iets doen bloot omdat u jammer voel vir iemand of iets nie.
- Pasop dat mense jou nie misbruik nie. Sommige is professionele bedelaars.
- Pasop dat jy nie mense afhanklik maak van jou op watter van bogenoemde terreine ook al nie.
- Praat met jou leraar of iemand met kennis in die omgang van sulke individue