Senior Jeug

CT en Stephanie van der Merwe dien as voogde by die Senior Jeugaksie.

Daar vind een Sondag per kwartaal ‘n “aksie” plaas waartydens almal saam kuier, speel, eet en ‘n geestelike boodskap/les kry waarmee hulle huis toe gaan.

Ons probeer die aksies so prettig moontlik hou sodat die jeug ook op ‘n gesellige en gesonde vlak kan sosialiseer.

Een maal per jaar vind die Senior Jeugkamp plaas vir 'n week meestal in die September vakansie.

Julie 2018

APK Dendron Snr. Jeugaksie 21 Julie 2018

Om te kan ontvang moet jy eers bereid wees om te gee!

En die Snr. Jeug het dit uitstekend bewys gedurende hul aksie wat plaasgeving het op Saterdag 21 Julie. Vroeg die oggend het die Jeug al hul laat slaap opgeoffer om vir die armoedige Senior Burgers in Pietersburg te gaan besoek, tydens die besoek is daar heerlik met die ou mensies gesels terwyl die res van die kinders vir hul worsbroodjies gebraai het.

Elke Jeuglid moes dan ook nie bederfbare voedsel vir hul gaste saam gebring het. Baie dankie aan al die gemeenskapslede wat groente geborg het, dit word opreg waardeer!

Nadat almal lekker versadig geëet is aan worsbroodjies het hul vertrek na hul volgende besoek punt – ‘n skuiling vir armes by Ivydale in Pietersburg. Hier kon die kinders eerstehands sien hoe werklike armoede lyk en baie het gemerk dat hul so dankbaar is vir die ouers en omstandighede waarmee hul groot word.

Die opwindende dag is afgesluit by Bounce by The Mall of the North, waar die les wat die dag oor gesels is, ook prakties vir hul uitgebeeld is.  Die les was naamlik “Bounce Back” -  m.a.w. as die lewe jou gooi en jy val, sorg net dat jy dadelik weer terug bons, terug in die Here se arms, moet nie onder bly lê nie!

Baie dankie vir elke kind wat die aksie bygewoon het, so ook die ouers wat ver ry om hul by die aksie te kry!

Snr Jeugaksie

Ons het die jaar afgeskop met ‘n Safari-ete. Voorgereg, hoofgereg en nagereg by verskillende huise/punte.

Voorgereg het ons geniet by die huis van Schalk en Alida Botha. Slakke was op die spyskaart vir voorgereg en vir talle was dit ‘n eerste!

Die tweede stop vir hoofgereg was by Derick en Sylvia Fick se huis. Hier het hulle geswem en daar is gekyk wie kan ‘n coke die vinnigste opdrink.

Die kinders het ook geleentheid gekry om die Bybel afte laai op hul selfone. Een van die Snr Jeuglede Johan het aan hulle die Bible for you App verduidelik.

Die tema van die Safari-ete was WAT PAK EK IN MY TAS VIR 2019. Elkeen moes by die tweede huis vir ons hul bybelvers voorhou wat hul wil saamvat in hul 2019 tas.

Na die heerlike braaivleis as hoofgereg was ons gereed om te vertrek na die nagereg punt. Dit was gehou by Janica en Nohan by Botse. Lekker vure het ons ingewag en kon elkeen koffie drink en marshmellows braai. Daar was ook ‘n Bybelvasvra kompetisie waar die selfone handig te pas gekom het met die Bybel op.

Ons eerste Snr Jeugaksie was baie goed bygewoon deur ons graad 8 tot 11 leerlinge. Elkeen is huistoe met die Bybel op hul selfone en na ‘n heerlike interaksie met ander mede jeuglede glo ek dat elkeen se tas vir 2019 GOED toegerus is.