sHiffft Jeugbediening
sHiffft (Seek Him in faith, forgiveness & fellowship together) is ‘n jeugbediening wat
passievol is oor twee dinge: Jesus Christus en kinders.
Ons visie is om elke kind die geleentheid te gee om ‘n kopskuif te maak, ‘n kopskuif vir
Christus. Ons wil Christenskap vir kinders prakties maak in hul alledaagse lewe. Om ‘n vaste verhoud met Christus te bou, elke dag.
Almal is welkom by sHiffft!
Ons aksies is propvol lofprysing en pret, waartydens ons op ‘n Gereformeerde basis ons
kinders onderrig op ‘n prettige manier.