VOORBIDDING
Sameroeper: Dalene van der Merwe (072 311 2287)
Lede:
Annatjie Wentzel; Alida Kemp; Bessie Geyser; Bonnita Becker; Christa Grobbelaar; Corne Bester; Dinah Eagar; Derick Fick; Doreen Venter; Fanie Grobbelaar; Hans & Essie Henrico; Jeanne Pauer; Jana Kruger; Kathleen Breytenbach; Kiewiet Botha; Lynette Kruger; Lizette du Plessis; Marie Becker; Michelle van Wyk; Riana Duvenhage; Maggel Bezuidenhout; Tokkie Wiese
DEFINISIE: Die vermoë om getrou vir ander te bid en om spesifieke antwoorde op daardie gebede raak te sien ~ Kol 1:9,10.
Gebed is die onsigbare krag wat die ganse wêreld in beweging bring. Jak 4:2 sê: “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie”.
SD Gordon het hierdie gedeelte mooi opgesom toe hy gesê het: “Jy kan meer doen as bid nadat jy gebid het, maar jy kan nie meer doen as bid tot jy gebid het nie....”
VOORBIDDING AS GENADEGAWE
Die feit dat u hier is beteken dat u die Genadegawe (GG) van Gebed reeds identifiseer het in u lewe.
Onthou: Om die volle mens te wees en vervuld te lewe hang daarvan af of u die HG weerstaan in u lewe en hand aan hand hiermee of u die GG uitleef: God het u immers hiermee doelmatig geskep: gebruik u dit nie, leef u onvervuld, met ander woorde buite God se plan met u lewe.
Iemand het eenmaal gesê: As jy nie weet waarna jy soek nie – gaan jy dit heel moontlik nooit kry nie.
As jy nie weet wat jy doen nie – gaan jy dit heel moontlik nooit goed kan doen nie.
Dit is ook waar van ons GG.
Gebed is die onsigbare krag wat die ganse wêreld in beweging bring. Jak 4:2 sê: “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie” .
SD Gordon het hierdie gedeelte mooi opgesom toe hy gesê het: “Jy kan meer doen as bid nadat jy gebid het, maar jy kan nie meer doen as bid tot jy gebid het nie....”
Gebed is kragtig. Ons moet bid en vir mekaar bid. Ons is deel van ‘n groter geheel. God het ons, met alle respek gese: “vennote” gemaak in Sy werk op aarde. Ons lewe nie ‘n dooie fatalistiese lewe nie.
- 2 Kon 20:1-6 Gebed is kragtig!
- Rom 12:15 “wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween....”
- Gal 6:2 “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus....”
- 1 Kor. 3:9-23 Die kerk is eenheid. Genadeverbond
Kom ons onthou egter dat ons volgens Sy wil moet bid. 1 Joh. 5:14. “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het....”
- Hoe weet ons wat is Sy wil?
- Wat van uitsprake soos: Die Here het vir my gesê.....
Gebedvernietigers
Spreuke 28:9 “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel...”
Jak 4:3 ‘Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring...”
Mat 17:19-21 “....deur julle ongeloof...” Maw glo u wat u bid en die gebedsversoek?
Gaan hierdie GG tyd neem?
Ja en nee.
Ja, want dit gaan tyd eis! Nee, want wat u het tyd!
Waar kan u u GG uitoefen? En hoe?
- Enige plek en tyd. (wanneer is dit vir u die beste?)
- U binnekamer. Mat 6:6. Elke leermeester moet ‘n klaskamer hê waar Hy jou kan leer en onderrig. Kry gerus vir u so ‘n plek.
Geloof: Lees Mark 11:23-26
Hier staan dat jy geloof in ..... God ..... sal hê.
- Dit gaan nie oor jou nie! Wel oor Hom. Sodra jy die GG gebruik, moet jy dus naby aan God leef. Glo in Hom. Daarom is kennis van Hom en die Bybel baie belangrik.
- Dit gaan dus hier oor geloof in gemeenskap.
- Iemand anders se gebed raak dus jou kontak met God, die paradoks van die Bybel! En so verdiep dit opeens jou verhouding met Hom ogv iemand anders se gebedsversoek.
- Hy dring dus so my gemoed binne.
- Moet dus nooit dink aan jou woorde nie en wat jy kan bied nie, maar wat Hy kan gee.
Wat ‘n wonderlike les: Ons wil God se gawe hê en gebruik – maar Hy wil eers Homself aan ons gee!
- Gebed is dus nie die krag wat die hemel aarde toe moet trek nie, maar ten diepste is dit die middel om ons – ook ons wat die GG het – na God toe te trek.
- Ons wil by die deur staan en roep – Jesus wil hê ons moet ingaan en Hom ontdek.
Werkswyse van Gebedsgroep
- Die gebed groep word hanteer volgens 'n "Broadcast" wat uitgestuur word op WhatsApp.
- Gebedsversoeke vir gemeentelede en direkte familie van gemeentelede sal so vinnig moontlik gestuur word. Dit sal ook tipies die versoeke tot gebed op 'n Sondag tydens afkondigings insluit.
- Wanneer iemand 'n gebedsversoek aan die sameroeper deurgee moet alle feite en name asb. bevestig word deur die persoon wat die versoek deurgee.
Ons moet asb. waak om te alle tye feitlik te wees en die persoon wat die versoek rig moet verantwoordelikheid aanvaar vir die regsinnigheid daarvan. Moet asb. geen versoeke deurgee aan die sameroeper bloot op grond van hoorsê nie.
- Verkieslik moet die persoon vir wie gebid word se toestemming gekry word, al is dit net deurdat u dalk vra: Kan ons/ons kerk se gebed groep vir jou bid? So beskerm ons onsself.
- Ons wil graag versoeke tot 2 boodskappe beperk. Indien dit baie ernstig is, sal op 'n meer gereelde basis gestuur word.
- Wanneer u 'n anonieme boodskap kry of wanneer daar nie in detail gevra word waarvoor gebid moet word, sal dit met goeie rede wees, aanvaar dit asb. so. Moet asb. ook nie 'n familielid, vriend of die sameroeper skakel om te hoor wat die probleem is nie, so kan ons bona fides maklik in twyfel getrek word.
- Ongelukkig, as gevolg van 'n vervalle wêreld waarin ons, ons getuienis lewer moet ons grense trek ter wille van gebedsversoeke buite die gemeente en direkte familie van gemeentelede.
Redes hiervoor is onder meer:
- Om onsself te beskerm teen kritiek en derhalwe die aanslag van die satan op ons gebedsgroep sover moontlik te vermy.
- Ons is almal op 'n nuwe terrein en wil graag tot eer van die Here ons met opbouende kommentaar sodat ons grense vir onsself kan vasstel waarin almal veilig voel.
- Moontlike grense is:
- Dat wanneer 'n gebedsversoek van iemand buite die gemeente kom, die versoeker verantwoordelikheid moet aanvaar vir die inhoud en van die versoek.
- Wanneer vir so iemand gebid word moet die versoeker die persoon self se toestemming kry dat ons kan voorbidding doen deur middel van 'n gebedsgroep.
- Indien daar enigsins twyfel bestaan moet die sameroeper met die leraar in gesprek tree.
- Wanneer die sameroeper self deur 'n krisis gaan en gebede benodig of met rede nie boodskappe kan aanstuur nie word gevra dat enige van die lede wat kontak het met die sameroeper die vrymoedigheid sal hê om vir hom/haar die nodige voorbidding te vra en sodoende aan te stuur.
KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GAWE VAN VOORBIDDING
Indien hierdie gawe ontwikkel het:
- neem u dit ernstig op as u vir iemand sê dat u vir hom/haar bid en bid en volhard dan ook daarin.
- besef u die erns van u gebed en dat ander se oorwinning/effektiwiteit van die gebed afhang waarin ook u ‘n verantwoordelike deel het.
Indien ek oor die potensiaal van hierdie gawe beskik
- ek weet dat gebed ‘n magtige medium is, maar versaak dikwels my gebed.
- het u heel moontlik die begeerte om meer tyd vir gebed in u dag te kon hê.
GEBRUIK VAN DIE GAWE VAN VOORBIDDING
Persoonlike informele gebruik
- u kan gereeld en innig bid vir mense en sake om u en dan aanhou bid tot u ja, nee of wag so ‘n bietjie antwoord ontvang.
- dit is die een gawe wat absoluut op ander gerig is maar u totaal op u eie kan beoefen.
- u kan mense/vriende/familie identifiseer wat dalk huweliksprobleme het, dranksug of wat ookal en ernstig, aanhoudend vir so iemand spesifiek begin bid, terwyl u opgewonde kyk hoe die Here ingryp.
Dienswerk binne die kerk
- u kan sorgvuldig luister en waarneem waar siekte of krisis is en ernstig daarvoor bid.
- u moet u leraar en kerkraadslid aan die Here aanhoudend opdra – sonder u gebed kan hulle dalk nie ten volle funksioneer nie. U het so ‘n verantwoordelike aandeel in die bediening v.d. gemeente.
- u kan vir spesifieke geleenthede op die kerkkalender bid. Bybelstudies, eredienste, kampe ens.
- U sal met aandag luister na die gebedsversoeke onder lief en leed.
- U sal bid vir die leraar, kerkraad, vergaderings, finansies, sustersaksie en alle gemeente aktiwiteite asook besoeke, Bybelstudies, Jeugbyeenkomste ens.
Gemeenskap georiënteerde dienswerk vir Christus
- die geleenthede is legio.
- wanneer iemand spesifiek oor u pad kom of wat ook al op u hart lê: dra dit in voorbidding aan die Here op.
GEVARE
- dat u traag word wanneer u nie onmiddelik resultate sien nie.
- dat u nie tyd inruim vir die besonder GG nie.
- dat u gebed in ‘n vaste roetine verval.