GASVRYHEID
Sameroeper: Sr. Dinah Eager 072 625 9554)
Lede:
Cecil Blofield
DEFINISIE: Die vermoë om gaste en vreemdelinge met grasie te verwelkom en te bedien ~ Rom 12:13
GASVRYHEID AS GENADEGAWE
U kan maklik verskoon word om te dink dat hierdie nie ‘n Genadegawe (GG) is nie maar slegs ‘n klompie sosiale vaardighede. Toegegee: vaardighede sal help. En indien u wel hierdie gawe het moet u eindelik ook nog meer vaardighede gaan byleer en inoefen om werklik effektief u gawe te gebruik – maar sommige mense het ‘n natuurlike aanvoeling en openheid en hartlikheid jeens mense. Om mense te ontvang en te bedien is nie vir hulle moeite nie – inteendeel hulle geniet dit en kom hier in hulle persoon tot reg. Die Christelike liefde speel gewoonlik in die persoon se lewe ‘n groot rol.
Ook in die eerste Christelike kerke het dit ‘n belangrike rol gespeel veral toe mense nog verward was oor waar hulle behoort. Waar hulle veilig was. Daar was baie wette. En eers wanneer jy aan die wette voldoen het sou jy oorweeg word om opgeneem te word. Christus het al hierdie skeidings kom verhef. Hy sê in Kol. 3:11: “...waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.”
Mense wil tuis voel en behoort. Jy kan ‘n baie belangrike rol speel om mense na God te trek en te behou binne jou geloofsgemeenskap omdat hulle sal voel dat hulle behoort en veilig is in ‘n onbekende wêreld.
Liefde en gasvryheid ons opdrag
1 Kor 13 ons vertrekpunt
- Besoekers, soekendes, nuwe intrekkers voel vreemd. Die deurslaggewende faktor is nie die preek of aanvanklik selfs dogma nie – voor hy dit gaan ondersoek is die deurslaggewende: “Het ek Jesus se liefde hier ervaar?”
- Ons het dit om te gee – want ons het Jesus. Deel dit uit. Mildelik.
KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GENADEGAWE VAN GASVRYHEID
Indien ek hierdie gawe ontwikkel het:
- Is u huis gewoonlik vol mense en/of kinders.
- Het u die vermoë om mense gou tuis te laat voel
- Kommunikeer u maklik, ook met vreemdelinge.
Indien u oor die potensiaal van hierdie gawe beskik
- Spreek dit u gewoonlik aan wanneer u iemand eenkant sien staan – maar u doen nie noodwendig iets hieraan nie.
- Spreek dit u aan wanneer mense groepies vorm
GEBRUIKE VAN DIE GAWE VAN GASVRYHEID
Persoonlike/informele gebruik
- kan ek die gawe in my huis nog meer ontwikkel om bv. maatjies oor te nooi – en hulle dan vanaand te omarm in die Christelike liefde en hulle meer van Jesus te leer.
- kan ek hierdie GG veral gebruik wanneer ek gawe vermenging het en dit dus gebruik as middel om ook ‘n ander gawe tot sy reg te bring.
Dienswerk binne die kerk
- om “groepies” binne ‘n gemeente op te breek en nou met die een te gesels en netnou met ‘n ander.
- om veral vreemdelinge tuis te laat voel en bv. uit te nooi om saam tee te kom drink en dan ook met hulle te gesels en aan ander voor te stel.
- om mense/sprekers/sangers te huisves soos en wanneer nodig.
Gemeenskap Georiënteerde dienswerk vir Christus
- deurdat my huis oop is skep dit geleentheid vir my om iets van my Christenskap op die kuiergas “af te smeer”
- daar is baie geleenthede wanneer mense graag wil help of betrokke wil raak – maar eenvoudig te skaam is om na vore te kom.
GEVARE
- dat mense jou gasvryheid sal misbruik en jou tyd en privaatheid so sal oorneem dat jy nie tyd het vir jou man/vrou/kinders nie.
- dat wanneer jyself nie geestelik volwasse is nie jou gasvryheid nie net misbruik word nie, maar ook kan ontaard tot ‘n God onterende samekoms.