KLEREBANK

denim-jeans-1537297

Sameroeper: Sr Christa Grobbelaar

DEFINISIE: Die vermoë om saam te voel met die wat ly en om daaraan uitdrukking te gee deur blymoedige dade van diens ~ Rom.12:8

KLEREBANK AS GENADEGAWE

Sommige mense het eenvoudig empatie met ander in so ‘n mate dat hulle iets daarmee MOET doen. Dit is die persoon wat van sy kosbare tyd sal neem om iemand anders te help met iets waarmee daardie oumens of individu sukkel. Wat dalk homself sal indoen om ‘n brood vir ‘n ander een te koop. Wanneer die persoon wat oor die gawe beskik dit uitoefen is dit altyd met blymoedigheid. Dit is sy vreugde. Dit is ook asof mense sommer na die persoon aangetrek word.

Iets wat vandag broodnodig is: Ons hele sosiale struktuur het verander oor die afgelope 20 jaar. Ons het net mekaar. As ons nie na mekaar gaan kyk nie – gaan niemand anders nie.

 

KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GAWE VAN BARMHARTIGHEID

Indien hierdie gawe ontwikkel het:

  • Is u dalk reeds deel van die Timotheus groep.
  • Dan is u al bekend as iemand wat sal help. En mense nader u heel moontlik ook spontaan.
  • Dan het u al by geleentheid ‘n hand uitgesteek,  gehelp of gegee – nie omdat iemand dit gevra het nie, maar spontaan: omdat u die begeerte van hart gehad het.

Indien ek oor die potensiaal van hierdie gawe beskik:

  • Sal mense wat swaarkry of seer het my gewete aanspreek, hoewel ek nie noodwendig iets daaraan doen nie.
  • Voel ek dikwels na die tyd skuldig wanneer ek nood gesien het, maar niks daaraan gedoen het nie.

 

GEBRUIKE VAN DIE GAWE VAN KLEREBANK

  • Gee u naam op om te help.
  • Hoor by die sameroeper waaraan is behoefte.
  • As u enigiets het: Klere, matrasse, potte, TV – in iemand anders se lewe maak dit ‘n verskil.
  • As u weet van iemand wat behoefte het maak kontak met die sameroeper.
  • Kom kyk SELF ook wat is daar. Neem vrymoedigheid. Dit is geen skande nie.
  • Kinderklere