APK Susters

Susterskonferensie 25-26 Mei 2018

“Die mooiste vroue wat ek nog ooit gesien het, was die wat ‘n self gefokusde lewe vir ‘n Christen-gefokusde lewe geruil het. Hulle is selfversekerd, maar nie in hulself nie.  In plaas van selfvertroue, straal hul Christus-vertroue uit!”  - Leslie Ludy

Gedurende die Susterskonferensie van 25-26 Mei het die APK Susters behoorlik Christus se liefde uitgestraal! APK Dendron se susters het ‘n uitnemende konferensie in die kalm skadu’s van Kamp Aquila aangebied. Saam met die heerlike etes, oorvloed van glimlagte en behoorlike pitkos vir die siel het nuwe vriendskappe geblom, wat letterlik tot in die ewigheid sal hou.

Baie dankie aan Prof. Koos Adendorf wat ‘n besonderse kyk vir ons gegee het in hoe die Bybel waarlik bestudeer moet word, die voorbeeld wat hy uit die boek Rut gebruik het, het waarlik die boek vir van ons die eerste keer oop gesluit.

Baie dankie aan die Susters van APK Dendron vir nog ‘n uitnemende funksie!