Ons Predikantsgesin
In 1988 ontmoet Ds. Petrus en Christine mekaar in Pretoria en hulle paadjie begin saam.
Hy begin by sy eerste gemeente in Secunda in die begin van 1993, en nadat hul getroud is op 9 Oktober 1993, verhuis Christine ook daarheen.
In 1996 aanvaar hul die beroeping na Zeerust en daar word Coenraad op 25 Julie daardie jaar gebore. In 1998 word hul dogter Yvonne op 13 Februarie gebore.
Na ses jaar se diens op Zeerust pak die gesin weer op en verhuis in 2002 na Dendron.
Hierdie predikantsgesin is elkeen toegewyd tot die gemeente en die gemeenskap.
Die twee pragtige kinders is reeds jong leiers in die gemeenskap. Coenraad was die Hoofseun by die CVO Vivo, en Yvonne het op 'n jong ouderdom reeds ingestaan as die orreliste van die gemeente. 'n Enorme taak wat sy op haar skouers geneem het op die jeugdige ouderdom van 13 jaar, maar wat sy vandag so goed bemeester het dat sy geensins hoef terug te staan vir enige ouer orrelis nie.
Coenraad is tans besig met sy Meestersgraad BScBIW Aktuariele Wetenskap en Yvonne is 3de jaar LLB.
Ds Petrus se opleiding
BA, Dip Teol (cum laude), BTh (cum laude)
Onlangs voltooi Ds. Petrus ook sy MM (Masters in Ministry) - gespesialiseerd in pastorale berading.
Hy het navorsing gedoen oor die Basiese Holistiese (Bio Psigo Religieuse) beradingsmodel as hulpmiddel vir die Christen-berader in die begeleiding van rousmart met 'n Christelike Calvinistiese vertrekpunt.