GELOOF & PROFESIEë

volcanic-rock-3062016_1920

Sameroeper: Fanie Grobbelaar

Lede:

Maggel Bezuidenhout; Christa Grobbelaar

DEFINISIE:  Die vermoë om die waarheid van God so bekend te maak en toe te pas, dat dit gelowiges mag opbou, bemoedig en troos, sowel as ongelowiges oortuig ~ 1 Kor. 12:10, 28

PROFESIE AS GENADEGAWE

Met ‘n magdom van misleidende literatuur moet ons nie verbaas wees as God hierdie gawe toenemend aan mense gee nie. Sommige mense lyk soms of hulle eenvoudig die slag het om ingewikkelde begrippe eenvoudig bekend te maak en oor te dra: Dit is die gawe van profesie. Wees dan net beskikbaar om gebruik te word. Gaan leer meer van God se woord. Hierdie is ‘n gawe wat ook met inspanning en deursetting beoefen moet word. Studeer. Skryf in vir ‘n kursus. Delf in God se Woord en sê dan eenvoudig wat Hy sê. Om te sê: “So sê die Here,” is ‘n geweldige verantwoordelikheid, maar heerlike voorreg. Nederigheid voor die Here moet gehandhaaf word, sodat jy jouself nie naderhand op die voorgrond stel nie, maar God eenvoudig toelaat om deur jou te werk of te praat.

In die OT tyd veral het sommige mense profesieë deur drome ens. ontvang. Vandag het ons die Bybel: God se riglyn en God se openbaring aan die mens. Profesie soos in veral die OT en algemene profesie vandag sal dus verskil ten opsigte van die bron – maar nie die getuienis nie.

 

KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GAWE VAN PROFESIE

Indien ek hierdie gawe ontwikkel het:

  • het ek al die saak v.d. Here binne die gemeente of by ‘n byeenkoms of organisasie bepleit as ek sien dinge “loop nie reg nie”
  • soek ek dikwels na leiding in die Bybel oor omstrede sake soos homoseksualiteit en dra dit dan ook sterk oor aan vriende of familie.

Indien ek oor die potensiaal van hierdie gawe beskik:

  • pla dit my wanneer dinge gesê word wat onwaar is oor omstrede sake.
  • ontstel dit my as die wêreld agter ‘n leuen aanloop
  • raak ek opstandig wanneer die kerk of kerke nie standpunt inneem oor iets baie belangriks nie, of nie getuienis lewe omdat hulle die waarheid onderhandel met die wêreld.

 

GEBRUIKE VAN DIE GAWE VAN PROFESIE

Persoonlike informele gebruik

  • studeer my in, in wat God oor spesifieke sake sê.
  • lewer ‘n getuienis op ‘n verantwoordelike wyse, maak nie saak waar en voor wie nie.

Dienswerk binne die kerk

  • wys dwaalleer uit.
  • beoordeel boeke
  • help in die opvoedingstaak van lidmate deur die uitwys en/of verspreiding van literatuur.
  • druk spesifieke sake op die hart v.d. jeug, lidmate ens.

Gemeenskap georiënteerde dienswerk vir Christus

  • hier is die taak legio vir die persoon wat die gawe van profesie het. Veral in die samelewing en dag waarin waarheid gerelativeer word – soms ook deur kerke.

 

GEVARE

  • om sake aan te roer en te verdedig as jy nie genoegsaam kennis het om dit verantwoordelik te fundeer nie.
  • om op ‘n nie-liefdevolle wyse jou profetiese verantwoordelikheid na te kom  dit sal jou niks in die sak bring nie.
  • om soos met leierskap, vuisvoos te raak vir konflik.