• Ek gee my dankoffer omdat dit ‘n opdrag is van God.
  • Ek gee my dankoffer as ‘n saak tussen my en God.
  • Ek gee my dankoffer uit dankbaarheid en nederige erkenning dat alles wat ek het genade is en ‘n gawe is uit Sy Hand.
  • Mal 1 en 3: “Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die Here van die
    leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer? Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe...” (3 vers7.)
  • Sp 3: 5 – 10 “Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
    dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos...” verse 9,10
  • Lukas 16:1 tot 13 “En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige
    Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang...” (9)
  • Jak 5:1 - 7
  • Vir die instandhoudinig van die kerk. Maw die leraar se traktament en reiskoste asook al die betaalde amptenare soos die saakgelastigde, die koster, tuinier ens.
  • Vir alle materiaal wat gebruik word bv fotostate, papier by aksies, byeenkomste ens.
  • Vir die finansiering van jeug aksies en byeenkomste, kampe en samekomste.
  • Vir enige verdienstelike sake of projekte wat onder die aandag van die kerkraad kom
  • Vir groeiende behoefte aan barmhartigheidswerk beide binne en buite die gemeente.
  • Vir die instandhouding, versekering en opgradering van eiendom – uitgesluit die kerk se plaas wat deur huurgeld vd plaas self instand gehou word.
  • Aankoop van boeke, literatuur ens.
  • Ondersteuning van die susters met aksies, etes ens.
  • Die bediening van Botswana wat befonds word, en die ondersteuning van die volle traktament vir hierdie leraar.
  • 15% van alle bydraes word ook oorbetaal aan die sentrale kerkkantoor twv die
    kerkverband – waardeur o.a. die Booskapper finansier word, asook die kerk se Universiteit, kleiner gemeentes gehelp word ens.
  • Alle gelde word behoorlik bestuur en kontroleer deur die Kommissie vir finansies en administrasie. (KFA.) Hierdie kommissie wissel van lede en bestaan o.a. uit die Voorsitter van die kerkraad, voorsitter van diakonie. Voorsitter van die eiendomskomissie. Leraar. Kassier. Addisionele ouderling en diaken.
  • Die KFA is weer aan die kerkraad verantwoordelik.
  • Die boeke van die kerk word ook elke jaar ge-oudit deur ‘n onafhanklike ouditeur wat verslag lewer aan die kerkraad en ring.
  • Verskeie stelsels en kontroles is in plek vir die hantering van geld, veral kontant. Alle inkomste en uitgawes word behoorlik beheer en nagesien.

BANKBESONDERHEDE:
Alle donasies en/of offergawes kan inbetaal word by hierdie rekening:
Afrikaanse Protestantse Kerk
Bank: Nedbank
Takkode: 146 748
Rekening Nommer: 1 467 011 398