Riemland begraafplaas ingang

Riemland

Op 13 Februarie 2013 word die plaas Bornst (in die Makhado Munisipaliteit) in die naam van die APK Dendron geregistreer.

Die doel van hierdie grond is eerstens om ‘n begraafplaas vir lidmate van die kerk te vestig. Daarna word ook beoog om die grond aan te wend vir verskeie projekte van die gemeente.

Die naam Riemland word in November 2013 na voorstelle uit die gemeente oorweeg is, aanvaar as die nuwe naam vir die plaas.

Die Riemland Kommissie bestaan uit lede wat deur die Kerkraad aangewys is, maar enige lidmate kan insette lewer. Die kommissie maak voorstelle en aanbevelings aan die Kerkraad as die gemeente se uitvoerende gesag.

Na verskeie hersoneringsprosesse en bouwerk word die begraafplaas op 4 Februarie 2017 geopen.

Verdere voorstelle vir die ontwikkeling van Riemland sluit in om ‘n kerkgebou en -geriewe met parkeerarea te bou. Die onderverdeling van grond in erwe en ‘n aftreeoord of versorgingseenheid en dienssentrum word ook oorweeg.

Die ontwikkeling van Riemland is ‘n langtermynprojek.