BEMOEDIGING
Sameroeper: Susan van der Merwe (083 229 9883)
Lede:
Christa Grobbelaar; Petro Eksteen
DEFINISIE: Die vermoë om mense deur middel van bemoedigende woorde te motiveer om praktiese Christelike lewens te lei ~ Rom 12:8
BEMOEDIGING AS GENADEGAWE
Hierdie Genadegawe (GG) is baie belangrik in die dag waarin ons leef. Daar is soveel mense wat moedeloos en radeloos is. Mense wat depressief is en net met ‘n klompie negatiewe dinge in en om sy of haar lewe sit. Mense wat negatief is en hierin vasgevang word. Mense wat dalk net met ‘n enkele woord van opregte saakmaak op ‘n totale nuwe pad van geestelike vernuwing kan kom.
Ook in die vroeë kerk waar Christene dikwels vir hulle Christenskap vervolg was, was hierdie GG nodig. Mense wat ander met woorde bystaan in die geloof.
Ook vandag is hierdie GG baie belangrik in ‘n wêreld waar die Christen dikwels uitgeworpe voel.
KENMERKE VAN DIE PERSOON MET DIE GAWE VAN BEMOEDIGING
Indien ek hierdie gawe ontwikkel het:
- sê mense dikwels vir my hulle voel beter wanneer hulle neerslagtig by my gekom het en met ‘n glimlag van my vertrek.
- moedig ek dikwels mense aan om vas te staan in die geloof
- moedig ek dikwels mense aan om ongeag wat mense dink of sê – hulle Christelike beginsels uit te leef.
- verander mense se lewens soms tot dienswerk of goeie werke deur my aanmoediging.
Indien ek oor die potensiaal van hierdie gawe beskik:
- trek ek altyd mense aan met die “af-vlerke”
- is ek gevoelig vir mense se gevoelens en bekommernisse
- weet ek dat as ek iemand net by die Bybel of kerk kan kry – baie van hulle probleme opgelos sal wees.
GEBRUIK VAN DIE GAWE VAN BEMOEDIGING
Persoonlike informele gebruik:
- weet dat jy ‘n verskil kan maak en gebruik leke geleentheid om te bemoedig – daar is vele.
- leer teks gedeeltes uit die hoof rondom hierdie onderwerp vir spesifieke omstandighede en gebruik dit.
- oefen jou Godgegewe GG met mense om en naby jou.
Dienswerk binne die kerk
- wanneer jy hoor van siekes of beproewings – maak dit u werk om die lidmate te bel of sms te stuur ter bemoediging.
- wees die een wat die een wat uitgestoot voel of verwerp voel wat die Here aan jou uitwys nader te trek en deel te maak v.d. kerk/geloofsgemeenskap.
Gemeenskap georiënteerde dienswerk
- wanneer die “af-vlerk” mense soos ‘n mot na jou aangetrek word – wees bereid om jou kosbaarste besitting te gee: tyd
- sit jou trots en status in jou sak en identifiseer met die persoon.
- boesem vertroue in en gee altyd hoop.
GEVARE
- dat mense jou hulle besit sal maak
- dat jy mense naderhand van jou afhanklik maak
- dat jy naderhand nie meer jouself kan distansieer nie