Jnr Jeug

Ons gemeente se Jeugaksie bestaan al baie jare.

Dit word geadministreer en gereël deur die Jeugkommissie wat hoofsaaklik uit kerkraadslede bestaan asook gemeentelede wat baie graag betrokke wil wees by die jeug.

Die voorsitter van die Jeugkommissie is Br. Hannes Becker. Hy en sy vrou, Melanie, is dan ook in beheer van die Jnr Jeugaksie.

Daar vind een Sondag per kwartaal ‘n “aksie” plaas waartydens almal saam kuier, speel, eet en ‘n geestelike boodskap/les kry waarmee hulle huis toe gaan.

Ons probeer die aksies so prettig moontlik hou sodat die jeug ook op ‘n gesellige en gesonde vlak kan sosialiseer.

Die Jnr Jeugaksie (Laerskool) en Snr Jeugaksie (Hoërskool) se aksies vind afsonderlik plaas, sodat daar meer op elkeen se ouderdomsvlak met hulle gewerk kan word.

Een maal per jaar vind die jaarlikse junior jeugkamp plaas. Dit is meestal vroeg in die jaar, vir 'n naweek in die nabye omgewing.

Jnr Jeugaksie April 2019

Die Jnr Jeug het hul eerste aksie gehad op 7 April 2019 en die tema was “Prison Break”, hulle moes ‘n skattejag in spanne voltooi om hul span se Jeugleier te kon bevry.

Verder het elkeen sy eie pizza gebou en dit gaargemaak in oom Nico se selfgeboude “Boere pizza oond”.

Baie dankie aan ons Jnr Jeug se voorgangers en oom Basie en tannie Tokkie wat hul huis oopgemaak het vir die kinders!

Jnr Jeugkamp April 2019

Datum: 22 Februarie 2019

Die tema vir die jaar se kamp was: Watter voël is jy?

Die APK Dendron Jnr. Jeugkamp was ‘n reuse sukses die jaar! Met ‘n getal van 34 kinders, was dit die grootste kamp nog in die gemeente se geskiedenis!

Die kamp is gehou by Modena, Pondrift, waar die kinders heerlik geswem, speletjies gespeel en lanternbekruip het in die aande! Tannie Marlie het gesorg dat die kinders se magies vol heerlike kos is, terwyl tannie Yvette ‘n slang aangedurf het toe al die maats al geslaap het.

Daar is gaan kyk hoe mooi die Limpopo rivier vloei na die reën.

Baie dankie aan elke ouer wat hul kind aan ons toe vertrou het vir die naweek, so ook vir elkeen van ons Jnr Jeug komiteelede wat hul tyd en hande opgeoffer het.